John Townsend, Cape silver presentation covered cup. C. 1830
Engels / Zuid-Afrikaans
Engels
Auction Strauss & Cie (www.straussart.co.za, 4 February 2013, lot 183):
An important Cape silver presentation covered cup, John Townsend, circa 1830, of baluster outline, engraved with an image of the Machtenburg Gardens and the Lodge building, titled MACHTENBURG SOCIETY, the reverse engraved with four kolvers dressed in top hats and tail coats within a rectangular playing field bordered by trees and buildings, titled GOLF GROUND, the bell-shaped cover engraved THIS CUP WAS PRESENTED by JOSEPH DAY, TO THE MEMBERS OF THE MACHTENBURG SOCIETY ON THE 13TH FEBRUARY 1830, raised on an stepped domed circular foot, gilt interior, 570 g. 21,5 cm high.
The gentlemen in the engraved view are playing 'kolf', a centuries old game which originated in the Netherlands and was particularly popular there in the late 18th and 19th centuries. The kolf course has a wooden post positioned at each end and the aim of the game is to hit the post at the far end, striking the ball with your club from the opposite post, return the ball to the post from which you started and then again strike it towards the far end. This had to be done in shree strokes.
Kolf is tied to the development of golf and it is probable that in the Cape in the 1830s the name 'kolf' had been anglicised by the English speaking community to golf, thus the inscription 'GOLF GROUND'.
Joseph Day was a haberdasher in Plein Street, Cape Town. He, in partnership with the Baron Von Ludwig and Matthew Donough, purchased the Machtenburg Gardens, situated in LooYers Plein, in 1830. The purchase included the Masonic Lodge, De Goede Trouw, with its avenue of trees depicted on the front of the cup.
Baron Von Ludwig housed his vast collection of natural history specimens in the part of the Lodge, thus establishing the first known museum at the Cape. In 1839 the gardens and Lodge was sold to the Catholic community who celebrated their first service there.
Zuid-Afrikaans
Gepubliceerd in 'Die Burger' op 23 februari 2013:
Kaapse silwerbeker vir kolf aan die vroeë Kaap haal goeie prys by veiling.
'N Trofee van Kaaps silwer wat verband hou met 'n vroeë Nederlandse spel, kolf, wat aan die Kaap die Goeie Hoop gespeel is, is op Strauss & Kie. se onlangse veiling van kunst en oudhede vir R534 720 verkoop.
Die sogenaamde Machtenburg-trofee is op 13 Februarie 1830 deur Joseph Day aan de lede van de Machtenburg-vereniging van Kaapstad toegeken. Die gegraveerde beker met deksel is die handswerk van die silwersmid John Townsend, wat van 1824 tot 1841 aan die Kaap werksaam was.
Op die beker is die Machtenburg-losie en -tuin gegraveer, en op die keerkant word vier spelers met pluiskele en swaelstert-manelle uitgebeeld wat by 'n reghoekige kolf-baan, omring deur bome en geboue, staan. Die woorde 'Golf Ground' is onderaan gegraveer.
Op die deksel is gegraveer: 'This cup was presented by Joseph Day to members of the Machtenburg Society on the 13th February 1830'.
Die binnekant is verguld.
Luidens die Strauss-katalogus is die Nederlandse spel kolf in die vroegste jare van die VOC-bewind aan die Kaap gespeel. Aan elke kant van die kolf-baan is 'n houtpaal ingeplant wat die spelers, elk met 'n kolf toegerus, van die oorkant af met die bal moes raakslaan. Sodra almal afgeslaan het, moes die spelers na die oorkant toe stap en elkeen probeer om die eerste paal ook raak te slaan. Dan moes dieselfde prosedure herhaal word. Die heen en weer geslanery moes met slegs drie kolfhoue gedoen word.
Daar word vermoed dat die Engels-sprekende inwoners weens hul traditionele verwringing van ander tale die Nederlandse term 'kolf' na 'golf' gewysig het.
Joseph Day was 'n handelaar in mansklerasie aan Pleinstraat, Kaapstad. Hy en twee ander welgesteldes, baron Carl Ferdinand Heinrich von Ludwig, apteker en natuurwetenskaplike, en Matthew Donough het in 1830 die eiendom Machtenburg Gardens aan die Looyerplein in Kaapstad gekoop. Dit het ook die Vrymesselaars-losie De Goede Trouw ingesluit.
Von Ludwig stigter in 1824 van die eerste literêre vereniging van Kaapstad het die losie as sy private museum ingerig, vermoedelik die eerste in Kaapstad. Hy het 'n verbintenis met onder meer die Stuttgartse koninklike museum in Duitsland gehad, en sy plant-, dier-, voël- en insekversamelings het hom sy baronskap en 'n eredoktorgraad besorg.
Aan Kloofstraat het hy 'n stuk grond gekoop en dit in 'n botaniese tuin, Ludwigsburg Garden, omskep. Hy het ook plante en saad ingevoer en onder meer die jakarandaboom aan Suid-Afrika bekend gestel. Hy was 'n groot bewonderaar van die Voortrekkers, en het verskele kere kiste groentesaad , wat hy van Duitsland en Nederland ingevoer het, is (in die Latynse benaming) na hom genoem.
In 1839 is die Machtenburg-tuin en Losie De Goede Trouw verkoop aan die Rooms-Katolieke Kerk, wat sy eerste Kaapse eredienste in die losie gehou het.
Bron: Do Smit
Literature
• Colf Kolf Golf, Early Golf - Vroeg Golf door Do Smit and Michiel Eijkman, p. 51. ISBN 978-90-78920-27-4, 2016
Downloads
• Gegraveerde kolfbaan (zie bijlage; jpg, 1.85 MB)
• Gravering op de voorzijde (jpg, 4.10 MB)